Viëtnamese burger verskyn vir wildprodukte

‘n Viëtnamese burger sal vandag in die Bela-Bela-landdroshof in Limpopo verskyn nadat hy verlede week in hegtenis geneem is weens die onwettige handel in wild en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Hy is vasgetrek tydens polisie-klopjagte op eiendomme in Bela-Bela en Pretoria. Daar is beslag gelê op meer as vier kilogram leeutande, leeukloue en meer as 60 kilogram verwerkte diereprodukte. Die diere-organisasie Four Paws sê hulle glo die produkte was bestem vir die onwettige wild-handelsmark en vir tradisionele medisyne.