Kinders kan nie leë beloftes oor klimaat bekostig nie

Kinders in die wêreld kan nie verdere leë beloftes bekostig by die Verenigde Nasies se konferensie oor klimaatsverandering in November nie. Hierdie is die mening van jeugaktiviste, insluitend Greta Thunberg, nadat ‘n VN-verslag bevind het feitlik geen kind sal die uitwerking van aardverwarming vryspring nie. Die eerste verslag van sy soort, wat die VN vandag vrygestel het, toon byna al die wêreld se 2,2 miljard kinders word aan ten minste een klimaat- of omgewingsrisiko blootgestel. Ongeveer een-miljard kinders in 33 meestal lae-uitstralingslande in Afrika sal uiterste weerstoestande in die gesig staar.