Vierde en oudste pasiënt van MIV genees

Die oudste pasiënt nog is van MIV genees nadat hy ‘n stamseloorplanting vir leukemie ontvang het. Terwyl die oorplanting beplan was om die nou-66-jarige se leukemie te behandel, het die dokters ook ‘n skenker gesoek wat natuurlike weerstand gehad het teen die virus wat Vigs veroorsaak, ‘n meganisme wat die eerste keer suksesvol was om Timothy Ray Brown in 2007 te genees. Die pasiënt, die vierde wat op hierdie manier genees is, staan bekend as die “City of Hope” pasiënt na die Amerikaanse fasiliteit in Duarte, Kalifornië, waar hy behandel is.