Uitvoere van donkie-velle na China moet end kry, waar sal alles stop?

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife South Africa sê die uitvoer van donkie-velle uit Suid-Afrika na China moet verbied word. Die velle word gekook om gelatien te vervaardig vir die gewilde Chinese medisyne ejiao. Dié tradisionele medisyne word beskou as ‘n kuur vir slapeloosheid en duiseligheid. Verdoorn sê die buurland se donkie-bevolking word vinnig minder en Afrika moet sy hulpbronne beter beskerm.