Britse persepsies van erge hitte word opwaarts aangepas oor die jare

Brittanje het die afgelope tyd erge hitte ervaar. Die Britse klimaatswetenskaplike, Mike Kendon sê wat Britte op die oomblik as redelik normale temperature ag, sou voor 1990 as uiters warm beskou word. Hy sê persepsies van hitte pas opwaarts aan soos die klimaat jaar op jaar warmer word.