Vier sleutelspelers terug by Blitsbokke

Rugby: Die nuwe Blitsbok-hoofafrigter Philip Snyman het spelers herroep vir volgende naweek se Hongkong Sewes. Christie Grobbelaar, Ronald Brown, Dewald Human en Quewin Nortjé het almal die aaklige Noord-Amerikaanse deel van die wêreldreeks misgeloop, waarin Suid-Afrika net ses punte kon insamel, wat hulle sewende op die punteleer gelaat het. Dit het daartoe gelei dat Snyman vir Sandile Ngcobo vervang het. Na Hongkong verskuif die toer aan die begin van Mei na Singapoer, en eindig einde Mei in Madrid.