Siriese soldate sterf in Israeli lugaanval

‘n Israeliese lugaanval op Sirië se Aleppo-provinsie het minstens 36 Siriese soldate in ‘n gebied naby Hezbollah-wapenopslagplekke gedood. Dit is volgens die Verenigde Koninkryk-gebaseerde Syrian Observatory for Human Rights, wat byvoeg dat dosyne soldate gewond is. Burgerlikes was onder die dooies en beseerdes, sê die Siriese staatsnuusagentskap Sana. Die Israeliese weermag het gesê hulle sal “nie kommentaar lewer op berigte in die buitelandse media nie”. Israel ruil ook byna daagliks oorgrensvuur met Hamas-bondgenoot Hezbollah in Libanon uit sedert die Gaza-oorlog begin het, wat vrese vir ‘n groot streeksoorlog laat toeneem.