Vier Moslem-moorde is volgens Amerikaanse polisie gekoppel

Die Amerikaanse polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen die moord op vier Moslem-mans in die Nieu-Mexikaanse stad Albuquerque. Drie van die mans is onlangs vermoor en dit het die polisie geenoop om weer te kyk na ‘n onopgeloste moord op ‘n man in November verlede jaar. Al vier was Moslems van Suid-Asiatiese afkoms. Die aanvalle het gelei tot waarskuwings aan moskeegangers om versigtig te wees. Daar word berig die FBI se hulp is versoek, terwyl die plaaslike teen-misdaadgroep ‘n beloning van 340 000 Namibiese dollar aanbied vir inligting oor die moordenaars.