Vrouedag: SA se vroue aan onderpunt van ekonomie-piramide

Saftu se president, Mamolaba Ntlo–kotse, sê op Vrouedag in buurland Suid-Afrikaanse vroue bly aan die onderpunt van die ekonomiese piramide, en is meer as enige ander groep aan die ontvangkant van die maatskaplike kapitalisme-krisis. Vandag is daar meer as 6,2 miljoen werklose vroue in die land, insluitend diegene wat ontmoedig word om te werk. Die meeste van hulle is swart vroue. Ntlo—kotse sê in die eerste kwartaal van hierdie jaar was 47,9 persent jong vroue tussen die ouderdomme van 15- en 34-jaar nie deel van enige vorm van indiensneming, onderwys of opleiding nie, vergeleke met hul manlike eweknieë op 42,1 persent: