Vetsug beïnvloed teenliggaampies 

Erge vetsug kan die doeltreffendheid van Covid-19-entstowwe verswak by persone wat nog nooit met die virus besmet was nie. Volgens ‘n studie wat in Turkye uitgevoer is het pasiënte met ernstige vetsug teenliggaampies meer as drie keer laer gehad as individue met normale gewig, na die Pfizer-inspuiting. Onder die ontvangers van Sinovac het diegene met ernstige vetsug en geen geskiedenis van vorige infeksie teenliggaampies gehad wat 27 keer laer is as mense met normale gewig.