Filippyne: Sal dit BongBong wees?

Stembusse in die Filippyne het geopen sodat die nasie vir ‘n nuwe president kan stem. Ferdinand Marcos Junior, die seun van ‘n voormalige diktator, en Leni Robredo, die land se visepresident, is die twee voorste mededingers. Daar word berig hierdie verkiesing word beskryf as die belangrikste in dekades wat die rigting van die land se brose demokrasie sal bepaal. Die uitslag van die verkiesing sal na verwagting bondgenootskappe met Amerika en China beïnvloed.