Vervoer van bees in SA vir 28 dae opgeskort

Die ANC-regering het alle beweging en vervoer van bees in die buurland vir 28 dae opgeskort, behalwe vir die vervoer van beeste na geregistreerde abattoirs vir verslagting. Hierdie drastiese maatreël is ingestel om die verspreiding van bek-en-klouseer te stop en inentings toe die dien. Dit word vandag in die buurland se staatskoerant gepubliseer. Volgens dié besluit mag geen beeste vir verkope, skoue, lobola of enige ander doel verskuif word nie en ook nie uit voerkrale nie, behalwe wanneer dit direk na slagfasiliteite is. Alle uitvoere word ook gestaak. Dr. Frikkie Maré, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die impak in die buurland.

En wat van Namibiese speenkalwers wat na voerkrale in die buurland vervoer word?