Tories sal Skotse onafhanklikheid moet aanspreek

Ian Blackford, die Skotse Nasionale-party se verteenwoordiger by Westminster, sê dit is hoog tyd dat die Tory-leierskap in Brittanje aanvaar dat op een of ander stadium, Skotland se onafhanklikheid onder die loep kom. Hy sê die kwessie van ‘n volwaardige referendum moet bespreek word.