Toyota se Prospecton-aanleg vandag weer oop

Die regering van KwaZulu-Natal is verheug oor Toyota Suid-Afrika se aankondiging dat  sy Prospecton-aanleg in die suide van Durban vandag heropen word. Die motorvervaardiger sê die hele gebied van 87 hektaar was onder modder na die verwoestende oorstormings in April en dit het tot ernstige onderbrekings in die motorvervaardiger se werksaamhede gelei. Premier Nomusa Dube-Ncube en die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake, Siboniso Duma, sal die heropening bywoon.