Verpligte inenting steeds onder bespreking in SA

Terwyl verpligte inentings nog nie plaaslik onder bespreking gekom het nie, het die voorsitter van die Suid-Afrikaanse ministeriële advieskomitee oor Covid-19, Barry Schoub, gesê hulle bespreek die moontlikheid dat inentings vir sekere groepe mense verpligtend moet wees. Hy sê hulle het egter nog nie die regering hieroor geadviseer of enige voorstelle in die verband gedoen nie. ‘n Aantal sektore het reeds gevra dat die inenting van sekere groepe, soos gesondheidswerkers, verpligtend moet wees. Schoub sê hulle het begrip vir die argument oor mense se regte indien inentings verpligtend sou word: