IMF leen R65 miljard aan SA

Die Internasionale Monetêre Fonds sê die koronavirus-pandemie het die ekonomiese toestand in Suid-Afrika verswak. Die lidlande van die fonds het gister hul aandeel in die nuwe spesiale trekkingsregte-toewysing begin ontvang – die grootste in die fonds se geskiedenis. Suid-Afrika as een van die begunstigdes het ‘n inspuiting van 65 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die fiskus ontvang. Die IMF se uitvoerende hoof, Kristalina Georgieva, sê lande kan die ruimte wat die spesiale toewysing van trekkingsregte bied gebruik om hul ekonomieë te ondersteun en hul stryd teen die pandemie te verskerp. Namibië het onlangs 3,9 miljard Namibiese dollar ontvang.