Ardern sê hulle waag niks met Delta nie

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, sê die 35 nuwe gevalle van Covid-19 wat gister in die land aangemeld is, was nie onverwags nie. Ardern het die inperking in Nieu-Seeland verleng en die land bly op vlak vier – die hoogste vlak van inperking – tot middernag Vrydag. Die meeste gevalle is in die grootste stad, Auckland, aangemeld, wat egter vir twee weke langer op vlak vier sal bly. Ardern sê hulle wil niks waag met die Delta-variant nie: