Kanadese tiener slaan N$850m los in lotery

‘n Vrygewige Kanadese tiener is mildelik beloon nadat sy 13 jaar gelede ruimhartig was. Sy het onlangs 850 miljoen Namibiese dollar in Ontario se staatslotery gewen. Juliette Lamour was net 5 toe sy in 2010 haar spaarvarkie leeggemaak het om slagoffers van ‘n verwoestende aardbewing in Haïti te help. Sy en haar sussie, Sophie, het al hul spaargeld van meer as 1 000 Namibiese dollar aan lede van die Kanadese Rooikruis oorhandig. Juliette sê sy wou eintlik onlangs vir haar oupa ‘n roomys koop, maar hy het haar aangeraai om eerder ‘n lottokaartjie te koop aangesien sy pas 18 geword het.