Verhoor van Enyobeni-taverne uitgestel

Die verhoor van die eienaars van die Enyobeni-taverne in die Oos-Kaap, waar 21 tieners in Junie verlede jaar dood is, is tot die 23ste van volgende maand uitgestel. Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu het in die Landdroshof in Oos-Londen verskyn op aanklag van die verkoop van drank aan minderjariges en oortreding van die Drankwet. Beurtkrag het meegebring dat die opname-masjiene nie kon werk nie. Luxolo Tyali van die Nasionale Vervolgingsgesag in die provinsie, Luxolo Tyali, sê hulle is verheug die verhoor begin nou: