Namcor soek steeds na plaasvervanger vir Mulunga

Namcor se soektog vir ‘n tussentydse besturende direkteur duur voort nadat onderhandelings met Lionel Matthews op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Matthews se besprekings met die nasionale oliemaatskappy was omstrede met talle wat meen daar was te veel voorvalle van konflik van belange. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder sê hulle hoof van besigheidstrategie, Shiwana Ndeunyema sal verder waarneem en die maatskappy werk onverpoosd om die pos, wat tot onlangs deur Immanuel Mulunga beklee was, te vul.