89 dood in Keniaanse Jesus-hongersnood

Die dodetal onder volgelinge van ’n Keniaanse sekte wat geglo het dat hulle hemel toe sou gaan as hulle ophou eet en sterf, het tot 89 gestyg. Die dodetal het die afgelope dae geleidelik gestyg namate owerhede opgrawings uitgevoer het in ‘n 320-hektaar gebied van die Shakahola-woud in die ooste van Kenia waar die selfverklaarde Good News International Church gesetel was. Drie oorlewendes is gevind wat die totaal tot op 34 te staan bring. Die dodetal kan verder styg. Die Keniaanse Rooi Kruis sê meer as 200 mense is as vermis aangemeld by ‘n opsporings- en beradingstoon kantoor wat by ‘n plaaslike hospitaal opgerig is.