Vergadering oor uraan-ontginning was pro-aktief

Die senior omgewingskundige van die omgewingskonsultante, Environmental Compliance Consultancy, het terugvoering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee oor die vergadering oor uraan-ontginning wat deur sowat 100 mense by die Leonardville Boerevereniging-saal bygewoon is. Die boere het met verteenwoordigers van Headspring Investments vergader, die plaaslike filiaal van die Russiese Uranium One-maatskappy wat deel vorm van Rosatom. Die ontginning sal langs die Nossobrivier plaasvind. Stephan Bezuidenhout sê dit was ‘n pro-aktiewe gesprek, maar daar is baie kommer oor die potensiële impakte.

Bezuidenhout deel die pad vorentoe en sê nog openbare vergaderings sal plaasvind.