Gautengse premier sê provinsie is gereed vir vlak 1-inperking

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê die provinsie is gereed om na vlak 1 van die inperking te beweeg. Hy besoek inentingspersele aan die Wes-Rand en sê die aantal Covid-19-besmettings het verminder. Makhura sê hy hoop die provinsie kan die balans tussen lewens en voortbestaan vind en terugkeer na ‘n volle ekonomiese herstelpoging.