IPPR ondersoek desentralisasie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gaan môre ‘n verslag oor streeksregering, genaamd “Is Decentralization a Reality” bekendstel. Die Namibiese regering het in Maart 1998 ‘n desentralisasiebeleid van stapel gestuur om deelnemende demokrasie en vinnige volhoubare ontwikkeling te bevorder. Die doel van die verslag van die instituut is om te sien of die regering se desentralisasieprogram kan realiseer. Die direkteur van die instituut, Graham Hopwood gesels met Kosmos 94.1 Nuus.