Vergadering oor uraan ontginning by Leonardville

‘n Vergadering oor die omgewingsimpakstudie van die Russiese maatskappy Uranium One, wat deel vorm van die Russiese staatsbeheerde energie reus Rosatom, en onder die plaaslike vaandel van Headspring Investments, uraan by Leonardville wil ontgin, vind op Dinsdag 28 September om nege-uur die oggend in die Leonardville Boereverenigingsaal plaas. Boere in die omgewing, asook van Dordabis, Blumfelde, Nina en Tsumis word uitgenooi na die vergadering om hul menings te lig. ‘n Bekende boer, Rainer Ling, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die uraan sal ontgin word deur middel van ’n ondergrondse logingsproses waarvoor verskeie chemikalieë benodig word. Met die nadelige en onomkeerbare ekologiese gevolge wat die sogenoemde hidrobrekingproses meebring, is hierdie ontginningsproses van uraan nog baie meer kommerwekkend.