Vier plaaswerkers wat vermoedelik stroper vermoor, bly in aanhouding

Die vier plaaswerkers van die plaas Doringlaagte in die Otjiwarongo-distrik wat van moord en poging tot moord op vermeende stropers aangekla is, is borgtog in die landdroshof geweier. Die vier plaaswerkers, die 30-jarige Likius Jackson, die 24-jarige Tjakaranai Tjambiru, die 31-jarige Jacob Angula, en die 54-jarige Joseph Ipuleni Sheya, het voor landdros Karel Muyeghu verskyn en hy het die saak tot 22 November vir verdere ondersoek uitgestel. Die beskuldigdes het na bewerings die twee vermeende stropers met stokke geslaan waarna een aan sy beserings beswyk en die ander een met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem is.