Bende misdadigers, polisie skiet op mekaar, een verdagte gewondSeptember 23, 2021

‘n Heen-en-weer skietery het vanmiddag op die hoek van Moses Garoëb en Visarendstraat in die hoofstad tussen ‘n bende misdadigers en die Namibiese polisie uitgebreek. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die geharde misdadigers was in ‘n botsing met ‘n polisievoertuig en ‘n skietery het ontstaan. Een verdagte is gewond en is na ‘n hospitaal geneem. Drie verdagtes het op die vlug geslaan en die polisiehoof beveel dat hulle hulself moet oorgee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *