Verenigde Rugby-kampioenskap vol aksie die naweek

Rugby: Nog ‘n aksiebelaaide naweek is op hande in die Verenigde Rugby-kampioenskap met tuis-halfeindstryde en uitspeelplekke op die spel. Vanaand om 25 voor nege is die eerste plaaslike span in aksie wanneer die Haaie die Scarlets in Wallis pak. Die Bulle, tans vierde op die punteleer, kan ‘n taai kragmeting verwag wanneer hulle môremiddag drie-uur op Loftus teen die Ospreys uitdraf. Die Leeus kom om vyfuur in Johannesburg teen Munster te staan, wat derde is. Die Stormers, in die sesde plek, het ‘n oorwinning nodig teen die top-span Leinster in Kaapstad. Afskoptyd is seweuur.