Meisie, 13, in hof op 3 aanklagte van poging tot moord

‘n Dertien-jarige meisie het haar eerste verskyning in ‘n hof in Wallis gemaak op drie aanklagte van poging tot moord, nadat twee onderwysers en ‘n leerder by ‘n hoërskool gesteek is. Die meisie, wie se naam nie gepubliseer mag word nie, omdat sy onder 18 is, het haar naam en adres bevestig, maar het geen emosie getoon toe sy in die beskuldigdebank in die Llanelli-landdroshof verskyn het nie. Sy sal weer op 27 Mei in die hof verskyn.