Verdoemende ondersoek teen British American Tobacco

‘n Ondersoek deur die BBC het bewyse gevind dat een van Brittanje se grootste maatskappye, British American Tobacco die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe omgekoop het. Volgens die BBC het die maatskappy in 2013 onderhandel om omkoopgeld van tussen 300 000 en 500 000 Amerikaanse dollar aan Mugabe te betaal. Die nuusagentskap berig ook dat daar bewyse is dat die maatskappy omkoopgeld in Suid-Afrika betaal het en ook gespioeneer het om skade aan kompeterende maatskappye te doen. Die BBC sê die tabakmaatskappy het meer as 200 informante in Suider-Afrika betaal.