Nee vir N$20/uur minimumloon – Strauss

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie Daan Strauss is gekant teen die voorgestelde 20 Namibiese dollar per uur as nasionale minimumloon. Die voorstel is deur vakbonde gemaak maar Strauss sê talle werkgewers sal of moet personeel afdank of hulle deure sluit. Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers sê as die regering ernstig is oor armoede uitwissing sal 20 dollar per uur die minimumloon moet wees maar, dat dit nie vir naweke geld nie. Maar Strauss sê maatskappye sukkel reeds sedert 2016 om lone te betaal en in die sekuriteitsektor, is daar erge uitdagings om by te hou met die betaling die minimumloon van 12 dollar uurliks. Strauss sê die regering moet dit eerder makliker en aantrekliker maak vir beleggers om in die land te belê en sodoende meer werk te skep.