Verbruikers gewaarsku oor slaggate van Swart Vrydag

Die kredietburo TransUnion Africa het verbruikers gewaarsku teen die slaggate van Swart Vrydag. Baie kliënte is geneig om in hierdie tydperk onverantwoordelike finansiële gedrag te toon om spesiale aanbiedings op te raap. Die organisasie het ook ‘n verslag vrygestel wat ‘n styging in krediet-opnames op Swart Vrydag waarneem. Die finansiële kenner, Maya Fisher French, het na aanleiding van hierdie bevindinge mense gewaarsku teen lenings en om winkelrekenings te open. Sy gesels oor van die strikke waarin kliënte dikwels trap: