Venus-put grootste olievonds ooit

Volgens berigte is die Venus-1-ontdekking deur TotalEnergies aflandig van Namibië nog groter as wat vroeër geskat is. Die jongste aanduiding is dat daar moontlik 13 miljard vate van olie-ekwivalent in die bron is. Dit maak dit die grootste ontdekking ooit wat onderwater gevind is. Die bron is op 23 Februarie ontdek en daar is destyds bronne van 1,5 miljard vate geskat. In April het TotalEnergies gesê daar is ongeveer 3 miljard vate, wat dit die grootste olievonds in Afrika suid van die Sahara gemaak het. Op 3 miljard vate sou Venus se bronne toegelaat het dat  250 000 vate per dag geproduseer kan word. Venus-1 is tot ‘n totale diepte van 6 296 meter geboor. Namibië sal dan in die top drie olieprodusente in Afrika suid van die Sahara word.