Venaani: Armoede dra by tot geslagsgeweld

Die debat oor geslagsgeweld is vandag ‘n gesprekspunt in die Nasionale Vergadering. Die leier van die opposisie McHenry Venaani van die PDM, het tot die debat bygedra deur te sê armoede speel ‘n rol in gevalle van geslagsgeweld. Hy het ‘n voorbeeld gemaak van sy besoek aan ‘n skool in Omega waar hy uitgevind het dat die meisies van daardie skool saam met vragmotors wat die Trans-Kalahari-snelweg gebruik, na Walvisbaai gaan.

Venaani het ‘n beroep op leiers gedoen om na die kwessie van armoede te kyk as ‘n bydraende faktor tot geslagsgeweld in die samelewing.