Ier Andrew Brace is skeidsregter in VRK-eindstryd

Rugby: Andrew Brace van Ierland is aangestel as skeidsregter vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd tussen die Stormers en die Bulle in Kaapstad. Hy word bygestaan deur drie Suid-Afrikaners – Jaco Peyper en AJ Jacobs langs die kantlyn, en Marius van der Westhuizen agter die televisie. Dit sal die tweede keer wees dat Brace die man met die fluitjie is in ‘n liga-eindstryd. Hy was in beheer van verlede jaar se PRO14-eindstryd tussen Leinster en Ulster in Dublin.