Venaani aangestel by SAOG-parlement

Die Namibiese politikus en leier van die opposisieparty, die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, is as die veldtogbestuurder van die SAOG se Pan Afrika-parlement aangewys. Venaani se aanstelling is midde die stryd van die SAOG-streek om leierskapsposisies in die Pan Afrika-parlement te kry, met Franssprekende Afrikalande wat aan die voorpunt van leierskapsposisies is. Venaani het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê is hy geëerd deur die erkenning.