DA sê vrae hang oor Mkhwebane skorsing…

Die DA in Suid-Afrika sê hy doen reeds lank ‘n beroep dat die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, geskors word. President Cyril Ramaphosa het haar Donderdag met onmiddellike ingang geskors totdat die Artikel 194-proses in die Parlement om ondersoek in te stel na haar bevoegdheid vir haar pos, afgehandel is. Die DA se nasionale woordvoerder, Cilliers Brink, sê hulle wil nie bespiegel of Ramaphosa onbehoorlik opgetree het nie, gegewe die feit dat Mkhwebane die roof op die president se plaas ondersoek: