Veldbrande: Namibië Droogtehulp staan weer boere by

Verskeie veldbrande woed in die land met die grootste op die oomblik steeds by Dordabis, nou in sy vyfde dag. Daar is ook ‘n brand net noord van Okahandja. Namibië Droogtehulp staan weereens die boeregemeenskap by en koördineer enige bydrae en hulp wat lede van die gemeenskap wil bied. Henriette le Grange van Namibë Droogtehulp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.