Inligting oor Fishrot-lot vanaf 2014 deurgegee maar Al Jazeera het skandaal gebreek?

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab dat die Finansiële Intelligensiesentrum reeds sedert 2014 inligting, wat direk verband hou met die Fishrot-saak, aangestuur het na ondersoekeenhede. Volgens Gawaxab is meer as 700 besighede, 300 individuele bankrekenings en 60 onwettige bates in die inligting ingesluit. En tog, terwyl die inligting na die relevante owerhede aangestuur is, het dit die Al Jazeera dokumentêr gevat voor die Fishrot-verdagtes gearresteer is… Die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.