AstraZeneca besending – inenting sal onmiddellik hervat

Die inentingsveldtog in Namibië sal daadwerklik hervat word wanneer die AstraZeneca entstof Sondag in die land aankom. Die skenking van Holland, 75 000 dosisse word verwelkom omdat 74 000 Namibiërs tot dusver hulle eerste spuit gehad het en sommige wag reeds ‘n geruime tyd vir die tweede een. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe sê die voorraad sal onmiddellik na die streke versend word.