Velbrande: Nina onder beheer, Okh brand steeds

Die veldbrand wat gister op die M51-pad op plaas Oupembamewa naby Nina ontstaan het, is onder beheer gebring maar die brand noordwes van Okahandja woed steeds. Dié brand het ‘n week gelede vermoedelik op die regeringsplaas Rudenau net wes van Okahandja ontstaan. Daar is laat gisternag weer ‘n beroep gedoen op vrywilligers en lede van die boeregemeenskap om hulp te verleen. Die brand het op daardie stadium vanaf Rock Lodge in die rigting van Okahandja beweeg.