Cumbre Vieja-vulkaan is klaar, na 97 dae

Die uitbarsting van die Cumbre Vieja sal vandag amptelik as klaar verklaar word nadat die vulkaan vir nege dae dormant was. Die vulkaan se uitbarsting het 97 dae gelede op 19 September begin op die eiland van La Palma in die Kanariese Eilande. Ongeveer 215 miljoen kubieke meter lawa het uitgevloei tydens die uitbarsting wat 900 hektaar verwoes het. Meer as 2 100 geboue en 66 kilometer se padnetwerk is ook tydens die uitbarsting vernietig. Hoewel die uitbarsting van 97 dae vreeslik lank klink, hou die Yasur-vulkaan op die Stille Oseaan-eiland Vanuatu steeds die rekord vir die langste uitbarsting ooit. Die vulkaan het op 2 Julie 1774 uitgebars en dit duur steeds voort.