Veiligheid by lughawens naby Washington DC verskerp voor saamtrek

Amerika se sekuriteitsadministrasie vir vervoer het die veiligheid by lughawens naby Washington DC verskerp. Hulle berei voor vir ‘n beplande saamtrek môre ter ondersteuning van mense wat aangekla word dat hulle in Januarie die Kongresgebou geplunder het. Die pro-Trump Look Ahead America-groep voer aan die sowat 600 beskuldigdes word weens hulle politieke siening swak behandel.