Meer as 400 000 ID’s in SA nog nie afgehaal

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, sê daar is tans meer as 400 000 identiteitsdokumente by die departement se kantore in die land. Hy doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om dringend die kantore te besoek en dit te gaan haal. Motsoaledi het die departement se gereedheid om dienste te bied tydens die kiesersregistrasieproses die naweek uiteengesit. Hy sê hulle sal 3 039 werknemers in die land ontplooi om hand by te sit oor die twee dae.