Vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld, asook 91 nuwe gevalle uit 2 519 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 3,6 persent verteenwoordig. In die groep is 18 leerders van verskillende skole, vier onderwysers, twee studente en vyf gesondheidswerkers. Daar is nou 1 283 aktiewe gevalle, waarvan 109 in hospitale is en 19 in intensiewesorgeenhede.