Veediefstal ruk plaaslik hand uit

Plaaslike media berig dat daar tussen die week van volmaan tot 21 Julie 135 000 Namibiese dollar se beeste, gemsbokke ter waarde van 60 000 dollar, en sebras ter waarde van 9 000 dollar in die omgewing van Otjiwarongo, Karibib en Omaruru gesteel is. Boere het ook ongeveer 22 000 dollar bestee op brandstof, wagte en teenstropingseenhede. Veediefstal is reeds ‘n geruime tyd in die nuus met gevalle wat toeneem. Senior Nampol-beamptes het ook reeds verskeie vergaderings regoor die land met boere gehou om die probleem aan te spreek.