Vars sneeu in Antarktika bevat mikroplastiek

Mikroplastiek is die eerste keer in vars sneeu in Antarktika gevind. Tydens navorsing deur ‘n student aan die Universiteit van Canterbury in Nieu-Seeland, is meer as ‘n dosyn verskillende soorte plastiek gevind. Die meeste is PET wat gebruik word om bottels vir drinkgoed te vervaardig. Alex Aves het in die laaste maande van 2019 monsters by die Ross-ysbank ingesamel. Sy sê die voorkoms van mikroplastiek in die vars Antarktiese sneeu beklemtoon die vlak van plastiekbesoedeling, selfs in die uithoeke van die aarde.