Daar’s ‘n tweede dossier in Senzo se moord… Kelly is ook aangekla

Die Suid-Afrikaanse sanger Kelly Khumalo se prokureur, Magdalene Moonsamy, sê sy gaan aan die Nasionale Vervolgingsgesag skryf om meer uit te vind oor die tweede dossier in die gewese Bafana Bafana-doelwagter, Senzo Meyiwa, se moordsaak. Die Hooggeregshof in Pretoria het gister gehoor daar is ‘n tweede dossier wat die sewe mense aankla wat in die huis was tydens Meyiwa se moord in 2014 in Vosloorus. Dit sluit Khumalo in. Moonsamy sê sy is nie ingelig oor die inhoud van die dossier nie: