Desert Jewels aangekondig vir Malawi

Na aanleiding van die nuus dat Debmarine 3,2 miljoen Namibiese dollar vir die Namibiese senior nasionale netbalspan, die Desert Jewels, asook die onder-19-span, geborg het, is die nasionale span aangekondig. Die span is op pad na die Drienasies-kampioenskap wat van 12 tot 16 Junie in Malawi plaasvind. Zimbabwe sal ook in die toernooi speel. Die adjunk-president van Netbal Namibië, Rebecca /Goagoses kondig die span van die Desert Jewels aan.