Van weggooi-plastiek na plaveistene

‘n Nuwe projek in Rwanda sal plastiek herwin en plaveistene daarvan vervaardig. Die projek word befonds deur die land se Privaatsektor-federasie teen ‘n koste van 3 miljoen Amerikaanse dollar. Die ooreenkoms is reeds in Junie vanjaar tussen die federasie en die land se omgewingsowerheid onderteken. Volgens Prosper Muhirwa van die federasie, beskik hulle oor die tegnologie om plastiek bottels, strooitjies, eetgerei, verpakkingsmateriaal en plastiek sakke te benut in die vervaardigingsproses.